Wêreldsewesreeks

Jaaroorsig: Nuwe generasie Blitsbokke skakel naatloos in

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Blitsbokke met die trofee wat hulle verower het deur die tweede toernooi in Dubai, vroeg in Desember, te wen.  Foto: Getty Images
Die Blitsbokke met die trofee wat hulle verower het deur die tweede toernooi in Dubai, vroeg in Desember, te wen. Foto: Getty Images

Hoewel die Blitsbokke se teleurstellende vertoning by vanjaar se Olimpiese Spele ’n bitter pil vir ondersteuners was om te sluk, was daar op die keper beskou veel meer hoogte- as laagtepunte vir dié span in 2021.

Argentinië se oorwinning van 19-14 oor Suid-Afrika in die kwarteindronde in Tokio was ’n groot teleurstelling. Gegewe dat die Blitsbokke by die vorige Spele, in 2016 in Rio de Janeiro, derde geëindig het, is daar vooraf verwag dat hulle vanjaar daarop sou verbeter en moontlik selfs goud sou verower. Helaas was dit nie die geval nie.

Tog is perspektief noodsaaklik. Met die Suid-Afrikaners se aankoms in Tokio is hul afrigter, Neil Powell, positief vir Covid-19 getoets. Dit het beteken dat hy die grootste deel van die toernooi misgeloop het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan