Die nuwe Blitsbok Donovan Don, wat voorheen vir die Griffons gespeel het, beskik volgens die span van Welkom se afrigter oor al die vaardighede om eendag die Springbok-trui oor sy kop te trek.
Don (21) is een van drie nuwelinge in die Blitsbokke se 13-tal vir die Hongkong-sewestoernooi, wat Vrydag begin. Suid-Afrika is saam met Nieu-Seeland, Ierland en Kenia in Groep D.
Don het verlede jaar een wedstryd vir die Griffons in die Curriebeker se Eerste Liga gespeel. Hy was ook lid van die Noord-Vrystaters se o.21-span wat die Skildreeks gewen het. Jacques Juries is die afrigter van albei die spanne van die Griffons.