Toe Covid-19 Noegh Hayward se rugbyloopbaan in 2020 tot stilstand geruk het, moes hy ’n plan maak om ’n inkomste elders te verdien.
“My kontrak by die Leeus het geëindig en daar was nie ander geleenthede om rugby te speel nie,” vertel die 22-jarige nuwe Blitsbok vandeesweek aan Rapport.
Hy het as kelner begin werk om ’n inkomste te verdien.