Die Blitsbokke het Sondag hul vyfde agtereenvolgende toernooi in Wêreldrugby se sewesreeks gewen deur Argentinië in die eindstryd in Málaga te klop.
Suid-Afrika het in ’n naelbytaffêre met 24-17 geseëvier. Die sirene het reeds afgegaan en die telling was 17-elk toe Suid-Afrika ’n strafskop gekry en Selvyn Davids oorgeduik het.
Davids is vereer met die toekenning as Speler van die Eindstryd. Hy was emosioneel en het ’n paar woorde in Afrikaans in die TV-onderhoud ná die wedstryd gesê toe hy sy familie tuis gegroet het.