En daar herhaal die geskiedenis hom – nóg ’n groep spelers wat by die Southern Kings gekontrakteer is se salaris-kraantjie word eenvoudig net toegedraai.
Nes in 2015, toe die Kings-franchise weens finansiële probleme gewankel het, is dit die spelers wat nou weer aan die kortste ent trek.
Die aankondiging Saterdag dat die Kings-franchise in vrywillige likwidasie gaan, beteken ook dat die spelers verlede maand hul laaste salarisse gekry het.