Daar is ’n algemene uitdrukking wat ook vir rugby van toepassing kan wees: ’n Wedstryd is nie verby voordat die vet dame gesing het nie.
Dit het Skotland Saterdag op Murrayfield in Edinburg bewys toe hy Italië met 26-14 in sy laaste Sesnasies-wedstryd geklop het nadat hulle rustyd met 12-6 voor was.
Die Azzurri, met die telling op 19-14 in die Skotte se guns, het die laaste drie minute van die wedstryd op die Skotte se doellyn uitgekamp.