Die Southern Kings is in vrywillige likwidasie geplaas in ’n poging om die langtermyn finansiële toekoms van rugby in die Oostelike Provinsie te verseker.
Só het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Saterdag in ’n verklaring gesê met die nasionale liggaam en die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) wat dié besluit geneem het te midde van ’n opgehoopte tekort van R55 miljoen en met geen vooruitsig van ’n inkomste in die res van 2020 nie.
“Die harde feit is dat die Kings insolvent is, met merkwaardige skuld en geen bates nie, en dit sou roekeloos gewees het om voort te gaan,” het André Rademan, president van die OPRU, gesê.