’n Britse ma en rugbyligaspeler word geloof nadat sy ’n foto op sosiale media gedeel het waar sy in die middel van ’n wedstryd haar babadogtertjie langs die kantlyn borsvoed.
BBC berig Emily Brierley (29) van Bradford in Engeland sê die reaksie op die foto waar sy haar baba gedurende ’n kragmeting borsvoed, is “ongelooflik”.
Brierley het sowat 14 weke gelede die lewe geskenk aan Arabella en verlede Sondag vir die eerste keer ná haar dogtertjie se geboorte na die speelveld teruggekeer.