André Esterhuizen het homself vanjaar terug in die groter Springbok-prentjie ingespeel.
Rapport kan bevestig hy was onlangs deel van die Bokke se oorsese belyningskampe. Soos van die ander oorsese spelers, het hy selfs vir Jacques Nienaber ontmoet terwyl die Bok-hoofafrigter die afgelope tyd die Europese klubs besoek het waar sy spelers betrokke is.
Die 28-jarige Esterhuizen se agtste en laaste toets was op 17 Augustus 2019 in Pretoria teen Argentinië.