Owen Farrell, kaptein van Engeland se rugbyspan, en die woelige haker Jamie George sal Saterdag se toets teen die Springbokke op Twickenham misloop.
Farrell (enkel) en George (knie) het hulle aan Eddie Jones, die afrigter, se groep onttrek weens beserings wat hulle die afgelope naweek in die Rose se oorwinning met 32-15 oor Australië opgedoen het.
Harry Elrington en Jack Singleton, wat albei hul rugby vir die Engelse klubspan Gloucester speel, sal Farrell en George se plek in Jones se groep van 34 spelers volstaan.