Hoewel Wallis die Springbok-vrouerugbyspan Saterdag met 29-19 in Cardiff geklop het, het die tweede helfte van dié kragmeting Stanley Raubenheimer hoop vir die toekoms gegee.
“Ek is tevrede met hoe ons geëindig het, ons het twee baie goeie drieë (deur Zintle Mpupha en Libbie Janse van Rensburg) gedruk,” het Raubenheimer, die Bok-vroue se afrigter, ná die wedstryd gesê.
“Ons wou graag meer daarvan in die wedstryd gehad het. Druk is maar ’n moeilike ding, veral as jy nie daaraan gewoond is om op hierdie vlak te speel nie. Ek dink dit is wat ons in die eerste helfte gekniehalter het.