Bokke betaal duur prys nadat hulle doof is vir Siya se waarskuwing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, word deur die All Black-slot Scott Barrett vasgevat in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets op Ellispark in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier
Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, word deur die All Black-slot Scott Barrett vasgevat in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets op Ellispark in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

“Jy kan nie vir ’n oomblik afskakel teen die All Blacks nie. Die oomblik dat jy dít doen, is daar spelers van wêreldgehalte wat jou sal laat les opsê.”

Dít was aan die vooraand van Saterdag se Rugbykampioenskap-toets op Ellispark teen die All Blacks die waarskuwing van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi. Die Bokke het toe juis daardie fout begaan – toe hulle met 23-21 voor was en die All Blacks ná Beauden Barrett se geel kaart slegs 14 spelers op die veld gehad het.

Will Jordan, die All Blacks se regtervleuel, is die man wat die inisiatief geneem het met ’n tikskoppie ná ’n skoonvang in sy kwartgebied. Oomblikke later was Rieko Ioane op volle vaart in die wye kanaal. Die Springbokke se dekverdediging het die situasie aanvanklik beredder, maar die Kiwi’s was op die voorvoet en David Havili het ná ’n golf aanvalle die drie afgerond wat hulle weer die voorsprong gegee het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
India (w) 121/1
Malaysia (w) 0
besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.03
+0.2%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,662.12
+0.1%
Silwer
19.30
+1.4%
Palladium
2,168.51
+0.1%
Platinum
865.00
+0.1%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,358
-0.1%
Alle aandele
63,715
-0.0%
Hulpbronne 10
60,347
+0.2%
Industriële 25
77,165
-0.3%
Finansiële 15
13,821
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos