Die Springbokke fokus daarop om ’n fyn balans te hou tussen wen en om groter diepte in die groep te vestig, sê Jacques Nienaber, dié span se hoofafrigter.
Daarom beteken die keuse van Damian Willemse op heelagter vir Saterdag se toets in Cardiff teen Wallis nie dat die ervare heelagter Willie le Roux in onguns verval het nie.
Nienaber het drie veranderings aan sy agterlyn gemaak, waarvan twee noodgedwonge, maar die agttal wat die Kiwi’s verlede maand in die Rugbykampioenskap getem het, is onveranderd.