Wanneer die Springbok-afrigter Jacques Nienaber en sy binnekring Sondag bymekaar kom om die eerste Bokspan van 2022 te kies, behoort hulle nie oor veel meer as drie posisies te gesels nie.
Trouens, Nienaber-hulle sou die afgelope week die 23-tal vir volgende Saterdag se eerste toets teen Wallis in Pretoria tentatief gefinaliseer het.
Die Bokke sal die Drake onder meer met ’n nuwe lostrio pak nadat die ervare agtsteman Duane Vermeulen verlede week ’n knieoperasie gehad het.