Die Springbokke sal ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk hul Ierse hulpafrigter, Felix Jones, aan Engeland afstaan.
Luidens ’n nuusverklaring Donderdag deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het Jones om persoonlike redes besluit om dié skuif te maak. Jones sê dat sy “jong gesin” die grootste rede vir sy besluit is.
Rassie Erasmus, Saru se direkteur van rugby, sê in die verklaring dat dit ’n hartseer dag vir Suid-Afrikaanse rugby is, maar dat hy begrip het vir Jones se besluit.