Twickenham is vir Engeland soos Ellispark vir die Springbokke en Eden Park vir die All Blacks is.
So sê Eddie Jones oor die rede waarom hy meen Suid-Afrika laas in 2014 ’n oorwinning oor Engeland op Twickenham kon behaal.
“Wel, dit is ’n bietjie soos om teen die Springbokke in Johannesburg te speel. Of teen Nieu-Seeland op Eden Park.