Eddie Jones het met ’n swaar hand Tabasco-sous gegooi oor Saterdag se verwagte vuurwarm tweestryd tussen Eben Etzebeth en Maro Itoje in die toets tussen die Springbokke en Engeland op Twickenham.
Die Engelse afrigter wil met sy uitlatings doelbewus ’n brandrissie-geur aan die tweestryd gee.
Jones sê Itoje het ’n tweede asem in sy loopbaan gekry.