Twee Suid-Afrikaanse groentjies sal Saterdag op Loftus Versfeld hul eerste treë in die toetsarena gee wanneer die Springbokke en Wallis mekaar die stryd aansê.
Elrigh Louw, agtsteman van die Bulle, en Salmaan Moerat, slot van die Stormers, is albei op die Bokke se plaasvervangersbank vir die kragmeting met die Rooi Drake ingesluit. Hulle is die enigste spelers sonder toetservaring in Jacques Nienaber (Springbok-hoofafrigter) se eerste 23-tal vir die nuwe toetsseisoen.
Louw was vanjaar ’n uitblinker vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) en daar is die laaste ruk druk bespiegel wie van hy of Evan Roos, die Stormers se skitterende agtsteman, eerste ’n kans in ’n Bok-trui sou kry.