Engeland se vrouespan het Sondag onderstreep hoekom hy die voorste plek op Wêreldrugby se ranglys beklee deur Suid-Afrika in die Wêreldbeker-toernooi behoorlik kaf te draf.
Die Engelse het 13 drieë gedruk om met 75-0 in Auckland, Nieu-Seeland, te wen.
Dit was die Springbokke se laaste wedstryd in die toernooi – hulle keer segeloos huis toe nadat hulle al hul groepwedstryde verloor het.