’n Meer spesiale oomblik sal ’n gesin kwalik kry as in Saterdag se toets op Twickenham wanneer Evan Roos, agtsteman van die Springbokke, se oupa Koos Roos (80) die eerste keer ’n rugbywedstryd van sy kleinseun as ’n beroepspeler bywoon.
Om die oomblik nog meer spesiaal vir Koos te maak, sal sy seun, Erik, saam met hom in die paviljoen sit om te sien hoe sy kleinseun teen Engeland in slegs sy derde toets vaar.
Koos bly in Nederland. Hy kon dus nog nie enige van Evan se wedstryde as ’n beroepspeler bywoon nie.