Evan Roos se rib is deur Alex Coles en Maro Itoje se dubbele duikslag in die Springbokke se oorwinning van 27-13 oor Engeland op Twickenham gebreek.
“Ek het vroeg in die toets gehoor én gevoel hoe die kraakbeen skeur toe ek geduik word,” sê Roos.
“Ek het die toets intussen gekyk en gesien dit het rondom die 15de minuut gebeur. Alex het my geduik en Maro het ook ingeklim toe ek beseer is.