Die Springbokke se breinstrust kan hulle moontlik tot ’n speler in hul bestaande groep wend eerder as om ’n nuwe spesialis-losskakel te betrek indien Elton Jantjies se deelname aan die toetsseisoen in die weegskaal is.
So glo die voormalige Bok-losskakel Naas Botha, wat Maandag gepols is oor wie ná Jantjies en Handré Pollard in die losskakel-tou kan staan.
Jantjies word van ernstige wangedrag op ’n vlug tussen Dubai en Kaapstad beskuldig.