Die Bokke het huiswaarts gekeer met twee seges uit vier toetse. Hoe beoordeel ’n mens dié 50%-wenrekord? Hendrik Cronjé, wat saam met die span getoer het, gee sy indrukke.
’n Uitstaande kenmerk van November se toer is Siya Kolisi se leierskap op en van die speelveld af.
Die manier waarop hy die soet en die suur ewe goed hanteer het, is prysenswaardig. Wen of verloor, hy het altyd dieselfde gebly.