Die Springbokke se afrigtingspan het ’n vroeë Kersgeskenk gekry met die bevestiging dat hy al sy Japanse klubspelers vir 26 November se toets teen Engeland op Twickenham mag oorweeg.
Die afrigtingspan glo daarby dat die breker-slot RG Snyman ook vir die Engelse toets beskikbaar sal wees.
Aangesien dié toets buite Wêreldrugby se toetsvenster val, en oorsese klubs volgens regulasie 9 nie verplig is om hul internasionale spelers vry te stel nie, het die moontlikheid tot onlangs bestaan dat die Bokke sonder hul Engelse, Franse en Japanse klubspelers teen Engeland sou moes klaarkom.