Siya Kolisi se boodskap aan Evan Roos is kort en kragtig: “Jy kan Saterdag geen verkeerde besluit op die veld neem nie.”
Die Springbok-kaptein sê hy is opgewonde wat die 22-jarige Roos aan sy span in Saterdag se toets teen Engeland op Twickenham kan bied.
Roos dra die nr. 8-trui nadat Jasper Wiese, Vincent Koch, Cheslin Kolbe, Cobus Reinach, Trevor Nyakane en André Esterhuizen ná die toets teen Italië na hul Franse en Engelse klubspanne moes terugkeer omdat die Engelse kragmeting nie in Wêreldrugby se toetsvenster val nie.