’n Televisieprogram waarin Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, oor sy moeilike kinderjare en sy reis na die hede gesels, word hierdie naweek op SABC 2 uitgesaai.
Siyamthanda is ’n gesamentlike produksie van Red Bull Media House en SABC Sport, en dié dokumentêre program van 48 minute lank sal Saterdag om 18:30 uitgesaai word.
Kolisi se eerste vormingsjare was in die stofstrate van Zwide, ’n arm woonbuurt net buite Gqeberha.