Die 22 spelers wat tot Dinsdag in Durban op ’n nasionale belyningskamp was, weet nou wat nodig gaan wees om vanjaar sukses in ’n Springbok-rugbytrui te behaal.
“Ons wou daardie prentjie skets en ek is baie tevrede met die wyse waarop die kamp afgeloop het,” het Jacques Nienaber, die Bok-afrigter, gesê.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in ’n verklaring gesê daar is gedurende sessies na onder meer skrums, rolmale, vaardighede onder die hangskoppe en kondisionering gekyk.