Jacques Nienaber, hoofafrigter van die Springbokke, het die oë Dinsdag laat rek met die aankondiging van ’n gewaagde, splinternuwe span vir die tweede toets teen Wallis.
Die slot Eben Etzebeth is die enigste speler in die beginspan vir Bloemfontein wat ook verlede week in die opdrafspan vir die eerste toets op Loftus Versfeld was.
Die Bokke het daardie kragmeting danksy ’n doodsnik-strafdoel met 32-29 gewen.