“Hy vergestalt wat ek van ’n agtsteman hou.”
Só beskryf die voormalige Springbok-kaptein Bob Skinstad Evan Roos, die man wat Saterdag Suid-Afrika se nr. 8-trui in die toets teen Engeland op Twickenham gaan dra.
Met slegs twee toetse se ervaring agter sy naam is Roos nog onbeproef op die hoogste vlak, maar Skinstad meen hy het al die eienskappe om goeie rekenskap van homself te gee.