Die Springbokke pak Wallis Saterdag ook sonder Pieter-Steph du Toit in die lostrio.
Wanneer Jacques Nienaber, afrigter van die Springbokke, Dinsdag sy span vir die eerste toets teen die Drake op Loftus Versfeld aanwys, sal die name van die ervare ysters Duane Vermeulen en Du Toit ontbreek.
Deon Davids, voorspelerafrigter van die Bokke, het Maandag bevestig Du Toit ondergaan skouerrehabilitasie en hy sal moontlik eers vir die tweede toets in Bloemfontein oorweeg kan word.