Daar wag straks ’n verrassing op diegene wat verwag dat die Springbokke Wallis ook tjoef-tjaf gaan kafdraf ná die Rooi Drake se vernederende nederlaag die afgelope naweek teen die All Blacks.
Dié vermaning kom van Andries Pretorius, ’n boorling van Mbombela (Nelspruit), wat Wallis in 2013 in twee toetse verteenwoordig het. Hy woon steeds in Cardiff en is op die hoogte van rugby in Wallis.
Suid-Afrika en Wallis sal Saterdag in die Principality-stadion in Cardiff slaags raak.