Wêreldrugby en Rassie Erasmus het vrede gemaak.
Donderdag se ontmoeting tussen die beheerliggaam en Erasmus as die direkteur van rugby van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het goed verloop.
Erasmus het Saterdag sy dank aan Wêreldrugby ná die vergadering in ’n twiet uitgespreek: “Dankie, WR, en kom ons beweeg aan!!”