Evan Roos wou so graag sy kans op Twickenham aangryp dat hy bereid was om deur die pyndrempel te speel van ’n ribbesering wat hy vroeg in Saterdag se toets tussen die Springbokke en Engeland opgedoen het.
Die 22-jarige frisgeboude agtsteman van die Bokke het al in die sowat vyfde minuut die besering opgedoen.
Die presiese erns van sy ribbesering moet nog bepaal word, maar dit word vermoed dat hy vir sowat 56 minute met ’n gebreekte rib op die veld vasgebyt het.