“Rotasie” is die rede vir Willie le Roux se weglating uit die Springbok-span vir Saterdag se rugbytoets teen Wallis in die Principality-stadion.
So lui ’n nuusverklaring deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie waarin die Bokke se 23-tal Dinsdag bekend gemaak is.
Benewens Le Roux wat vir Damian Willemse plek maak, is daar nóg drie veranderings aan die groep wat Nieu-Seeland in hul mees onlangse kragmeting geklop het.