Die streng mediese protokolle wat Wêreldrugby en die Springbokke se spandokter, Jerome Mampane, ingestel het, gee Siya Kolisi en sy spanmaats gemoedsrus wat hul gesondheid ná hul speeldae betref.
Die Bok-kaptein se hart bloei egter vir die gewese All Black-stut Carl Hayman wat dié week aangekondig het dat hy met vroeë demensie gediagnoseer is.
“Wat Wêreldrugby met betrekking tot ons veiligheid gedoen het, het baie goed gewerk,” sê Kolisi.