Verskeie vasbyters wat in Suid-Afrikaanse rand en sent hul salaris verdien, sal vanjaar ’n geleentheid kry om die Springboktrui te dra.
Slegs plaaslike spelers sal vir 26 November se toets teen Engeland op Twickenham oorweeg word, aangesien dit buite Wêreldrugby se toetsvenster val.
Die plaaslike topspelers kan boonop meer speelkans as in een toets vanjaar verwag, aangesien dit selfmoord sal wees as die Bok-bestuur hulle sonder genoegsame samespel net vir die wedstryd teen Engeland kies.