Cheslin Kolbe was nie te klein vir Springbok-rugby nie. En dieselfde geld Kurt-Lee Arendse, die Bokke se blitsbuks wat Saterdag in Mbombela die All Black-reus Caleb Clarke as direkte teenstander gaan hê.
Dié versekering het Vrydag gekom van Suid-Afrika se kaptein, Siya Kolisi, asook sy agterlynafrigter, Mzwandile Stick.
Arendse (26), oorspronklik ’n Paarliet wat vir die Bulle ’n uitblinker in die Verenigde Rugbykampioenskap was, is omtrent 30 kg ligter as Clarke.