Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, is hoopvol dat die Stormers en die Bulle se welslae in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) nou na die Bokke se 2022-veldtog sal oorspoel.
Die Stormers het die Bulle Saterdag in Kaapstad in die VRK-eindstryd met 18-13 getroef en Nienaber sê daar is in die nadraai “ ’n lekker positiewe gevoel” onder plaaslike ondersteuners.
“Natuurlik hoop ons om daardie momentum nou in die Bok-groep te kry, maar ook van die veld af.