Engeland se nederlaag in 2019 se Wêreldbeker-eindstryd teen die Springbokke in Jokohama spook steeds by Eddie Jones se rugbyspan.
“Jy vergeet nooit daardie oomblik wanneer jy op die veld staan en jy sien hoe jou teenstanders hul goue medaljes kry nie,” sê Jones, afrigter van Engeland.
“Jy hoor die skare mal word en jy staan daar soos ’n toeskouer. Al die werk wat jy oor ’n lang tydperk gedoen het, beteken op daardie oomblik niks vir jou nie.”