Jake White moet sy vergrootglas noodgedwonge op die Bulle se diepte op slot plaas nadat dit die week bevestig is dat sy vierslot, Walt Steenkamp, einde vanjaar op pad na Japan is.
Die 26-jarige Steenkamp se kontrak eindig in Oktober by die Bulle waar hy hom in 2020 vanaf die Cheetahs aangesluit het.
Steenkamp se besluit sal lastig vir White wees aangesien nog ’n slot, Sintu Manjezi, reeds aan die Bulle bevestig het dat hy sy rugby in Engeland sal speel. Manjezi herstel tans van ’n oogbesering.