Superrugby se beste span, die Crusaders, besef hul sukses maak hulle ongewild, maar meen hul kritici moet hulle minstens respekteer.
Die Crusaders het die Chiefs Saterdag in die Nieu-Seelandse Aotearoa-eindstryd in Christchurch met 24-13 geklop vir hul vyfde agtereenvolgende Superrugbytitel.
Die span het in 26 jaar van Superrugby 16 eindstryde gehaal en op 12 geleenthede koning gekraai. Hul oorheersing maak hulle die ongewildste Superspan buite hul franchise-gebied, wat oor die boonste gedeelte van die Suideiland strek.