Die Springbok Trevor Nyakane is terug in die Bulle se voorry vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Stormers in Kaapstad.
Dit is die vaskopstut se eerste wedstryd terug in die beginspan nadat ’n kuitbesering sy 2019 Wêreldbeker-deelname ná slegs een wedstryd in Japan kortgeknip het.
Nyakane se insluiting is die enigste verandering aan die opdrafspan wat verlede week in Durban teen die Haaie verloor het.