Die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe draf Saterdag vir ’n 100ste keer vir die Stormers uit in hul Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Nuweland.
Malherbe (28), in sy tiende jaar by die Stormers, sak in die voorry saam met Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (loskopstut).
Ntubeni vervang die beseerde Bongi Mbonambi op haker, terwyl Kitshoff die leisels as kaptein neem weens Siya Kolisi se kniebesering.