Kevin Foote, ’n voormalige afrigter van die Ikeys, is Dinsdag deur die Melbourne Rebels as hul tussentydse breier aangestel.
Foote is al die afgelope vier jaar deel van die Rebels se afrigtingspan en sy aanstelling kom nadat Dave Wessels besluit het om die tuig as hoofafrigter neer te lê.
Baden Stephenson, uitvoerende hoof van die Rebels, het op die Australiese Superrugby-franchise se webtuiste gesê dat Foote se aanstelling kontinuïteit sal verseker, maar ook vars elemente sal bring. Australië en Nieu-Seeland pak mekaar eersdaags oorkruis in ’n Trans-Tasmaanse reeks.