Tevita Kuridrani, ’n voormalige senter van die Wallabies, gaan die Western Force se Superrugby AU-uitspeelwedstryd teen die Brumbies hierdie naweek misloop nadat hy vir drie weke geskors is vir ’n gevaarlike duikslag.
Hy sal ook die eindstryd misloop indien sy span deurdring.
Kuridrani het ’n geelkaart gekry vir ’n boorvat op Hunter Paisami in die eerste minuut van die oorwinning van 30-27 oor die Queensland Reds verlede naweek. Dit het die Force in staat gestel om vir die eerste keer in sy geskiedenis van 16 jaar ’n uitspeelwedstryd te haal.