Die voormalige All Black Leon MacDonald het besluit om sy kontrak met die Auckland Blues vir nog twee jaar te verleng.
Met MacDonald as hoofafrigter het die Blues, op ’n tyd Nieu-Seeland se sterkste franchise, sedert 2019 heelwat verlore glorie herwin.
Die span het onder meer vroeër hierdie seisoen die Trans-Tasmaanse reeks gewen deur die Highlanders op Eden Park met 35-15 te trap.