Meer as NS$160 000 is Woensdag binne 12 uur op ’n Givealittle-blad vir Sean Wainui se gesin ingesamel nadat dié Maori All Black-speler en Chiefs-ster Maandag op 25-jarige ouderdom in ’n motorongeluk in Nieu-Seeland dood is.
The New Zealand Herald berig die Chiefs het die blad Woensdag geskep en teen 10:00 (SA tyd) het meer as 4 000 mense bygedra met skenkings van meer as NS$160 000.
Die geld sal direk aan Wainui se vrou, Paige, en hul twee kinders, Kawariki en Arahia, oorbetaal word.