Die Wallaby-rugbyspeler Hunter Paisami, wat in Samoa gebore is, lek behoorlik sy lippe af vir die vooruitsig om sy staal aanstaande jaar teen spanne van die Suidsee-eilande in die Superrugby-reeks te wys.
Rugby Australië het Dinsdag in ’n verklaring aangekondig dat die 23-jarige Paisami, ’n senter, tot minstens ná afloop van die volgende Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Frankryk vir sy aangenome land en die Queensland Reds beskikbaar sal wees.
Twee spanne van die Suidsee-eilande, die Moana Pasifika en Fijian Drua, sal volgende jaar speel in die Superrugby-reeks, wat ’n nuwe baadjie aangetrek het. Benewens die twee spanne sal ook vyf elk van Nieu-Seeland en Australië in aksie wees.