Nuwe uitslae van ’n anonieme peiling onder Nieu-Seeland se voorste beroepspelers dui aan wie die Superrugbyreeks se swakste skeidsregter is.
Die mediamaatskappy NZME het 40 vrae gestel aan al vyf Kiwi-franchises oor verskeie onderwerpe jeens die toestand van die sport in Nieu-Seeland. Die aanvanklike uitslae, wat Maandag bekend gemaak is, het vir omstredenheid gesorg nadat dit onthul het dat byna die helfte van die respondente gekant was teen die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) se aanstelling van Ian Foster as die All Black-hoofafrigter.
Lees ook: Peiling oor All Black-breier skok Kiwi’s