SA gebore Smith op drempel van geskiedenis in Oz

akkreditasie
Die Suid-Afrikaans gebore Ruan Smith ’n paar jaar gelede in aksie in ’n wedstryd vir Brisbane City.  Foto: Getty Images
Die Suid-Afrikaans gebore Ruan Smith ’n paar jaar gelede in aksie in ’n wedstryd vir Brisbane City. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaner Ruan Smith kan aanstaande jaar die eerste speler tot dusver word wat al vyf Australië se Superrugby-franchises verteenwoordig het, nadat hy ’n kontrak met die Waratahs gesluit het.

Smith, wat in Vryburg gebore en getoë is, het sy Superrugby-buiging in 2012 vir die Western Force gemaak, voordat hy vyf seisoene by die Brumbies, twee by die Reds en een by die Rebels gehad het. Hy het ook vir ’n ruk vir die Japanse klubspan Toyota Verblitz gespeel.

Die Waratahs het hul voorry-spens Donderdag aangevul deur eenjaarkontrakte vir Smith (31) en die 21-jarige Archer Holz te gee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan